STALLETJIE AANSOEKVORM – UITSTALLERS
ALGEMENE INLIGTING, REELS EN VOORWAARDES
Bespreek u stalletjie aanlyn onderaan die bladsy, of laai die PDF document af en stuur aan ons
NA VOLTOOINIG FAKS NA 086 565 6534 SAAM MET BEWYS VAN BETALING OF EPOS NA Jacaranda Nasionale Kunstefees . AASOEKE SAL NIE OORWEEG WORD SONDER BEWYS VAN DEPOSITO NIE.
DUUR VAN FEES:
27 April 2011 (Woensdag) – 1 Mei 2011 (Sondag)
KOSTE:
Koste van die stalletjie bestaan slegs uit die huur van die spasie:
Huur van spasie 3 x 3 m Binne: R2 390.00
Huur van spasie 4 x 4 m Buite: R2 500.00
Pryse sluit BTW in
Huur van enige ander spasie grootte - Prys onderhandelbaar
Advertensiespasie is beskikbaar in amptelike feesprogram en op die webwerf, teen 'n vasgestelde fooi. Bemarkingspan kan direk gekontak word by Jacaranda Nasionale Kunstefees .
Kragpunt (15 amp) – R420,00 addisioneel
SLUITINGSDATUM:
Aansoeke vir stalletjies open 25 Augustus 2010. Alle aansoeke moet voor of op 10 Januarie 2011 ingedien word.
Beperkte spasie is beskikbaar – Beveel aan dat voornemende uitstallers vroegtydig bespreek.
KEURING :
Keuring mag plaasvind om duplikasie te voorkom en daar is ook net beperkte hoeveelheid spasie beskikbaar. Voorkeur sal gegee word aan handvervaardigde produkte.
Kosstalletjies moet aan die plaaslike munisipale brand- en gesondheids-regulasies voldoen. Kosstalletjies moet van gas gebruik maak vir gaarmaak doeleindes. Eie brandblussers moet voorsien word.
HANDELSURE EN PARKERING:
Stalletjies moet van Woensdag 27 April 2011 tot Sondag 1 Mei 2011 bedryf word.
Aflewering geskied daagliks tussen 06h00 en 08h30. Geen parkering of aflewering sal andersins toegelaat word nie en geen voertuie sal op die terrein binne handelsure toegelaat word nie. Alle voertuie moet 08h30 daagliks van die terrein verwyder word en in die stalletjie parkeerarea gelaat word. Geen voertuie sal saans op die terrein toegelaat word nie.
Handelsure is vanaf 10h00 – 21h00, Woensdag 27 April tot Saterdag 30 April (Alle kos stalletjies moet oop wees tot 22h00 elke aand) en vanaf 10h00 tot 16h00 op Sondag 1 Mei 2011.
GEEN STALLETJIE SAL TOEGELAAT WORD OM VROEER TOE TE MAAK OF OP TE PAK NIE, INSLUITENDE SONDAG 1 MEI.
Stalletjies mag wel tot later in die aande bedryf word.
Stalletjies moet ten alle tye beman word gedurende die bogenoemde handelsure.
Slegs een uitstaller per stalletjie sal toegelaat word en geen onderverhuring sal toegelaat word nie.
REGISTRASIE:
Registrasie vind plaas op Dinsdag, 26 April 2011, op die feesterrein tussen 08h00 - 18h00, waar jy toegangs permitte en registrasie dokumente sal ontvang. Stalletjies wat nie op hierdie dag registreer nie sal hulle huurspasie en huurgeld verloor en die spasie sal herverhuur word. Uitstallers word van slegs 2 toegangskaartjies en een voertuigtoegang per stalletjie voorsien. Kosstalletjies sal van 4 toegangskaartjies en een voertuigtoegang voorsien word. Enige ander toegangkaartjies sal aangekoop moet word.
OPSTEL / OPRIG VAN STALLETJIES:
Dinsdag, 26 April 2011, vanaf 08h00 tot 18h00. Alles moet voltooi wees teen 18h00, geen laat oprigting sal toegelaat word nie. Geen oprigting sal toegelaat word op die eerste dag wat die fees begin nie (27 April).
VOORKEURE:
Plasings word gedoen met die ontvang van aansoeke. Voorkeure kan op aansoekvorms aangedui word maar kan nie verseker word nie. Geen stalletjies sal toegelaat word om sonder toestemming met ander stalletjies plekke te ruil nie.
BETALING:
50% Deposito moet elke aansoekvorm vergesel. Aansoeke sal nie in aanmerking geneem word as die bewys van die deposito nie die aansoekvorm vergesel nie.
Suksesvolle aansoeke sal in kennis gestel word. Geen stalletjie sal ten volle bevestig wees sonder volle betaling nie ontvang is nie. Aansoeke wat nie suksesvol is nie se deposito sal terugbetaal word. Let wel, die stalletjie bedrag sluit n nie-terugbetaalbare R50 administrasie fooi in.
Alle gelde moet teen 27 Februarie in JNKF se rekening wees anders sal u huurspasie en deposito verbeur word. Kansellasies na suksesvolle keuring sal 20% kansellasiefooi betaal. Enige kansellasies na 1 Maart 2011, sal hulle volle gelde verbeur. Bewys van betaling moet gefaks word na 086 565 6534. BTW fakture is op aanvraag beskikbaar.
SEKURITEIT:
JNKF verskaf 24 uur sekuriteit op die terrein, maar geen verantwoordelikheid kan aanvaar word vir enige verlies of skade nie.
ALGEMEEN:
JNKF behou die reg voor om stalletjiehouers te skors vir wangedrag.
Waar eie struktuur gebou word, is dit onderhewig aan goedkeuring deur bestuur van JNKF.
JNKF aanvaar geen verantwoordelikheid vir produkte wat nie verkoop nie.
Eie brandblussers moet voorsien word.
Geen troeteldiere of drank word in stalletjies toegelaat nie .
Stalletjies moet skoongehou word en vullis moet na die vullishouers geneem en verwyder word.
JNKF se logo en naam mag nie sonder toestemming gebruik word nie.
Uitstallers is verantwoordelik vir hul eie verlengengskoorde. Uitstaltoerusting soos tafels, stoele ens kan direk by BermanHire gehuur word. Skakel Lia op 0126534250.
BINNE STALLETJIES IS VIR HUL EIE AFSKORTINGS, VLOERBEDEKKINGS OF RAAMWERKE VERANTWOORDELIK INDIEN NODIG.
REIS EN VERBLYF:
Jy is vir jou eie reis en verblyfreëlings verantwoordelik. Besoek gerus die webwerf vir inligting en hulp.
ALLE AANSOEKERS MOET HIERDIE OOREENKOMS ONDERTEKEN:
Ek aanvaar die bogenoemde voorwaardes in die aansoek vervat en sal dit ten volle nakom. Ek is ook ten volle bewus dat indien ek nie hierdie reëlings nakom nie, ek my huur ten volle sal verbeur asook my spasie op die terrein.